Meer oor die Huiswerksentrum

Skitter Akademie Huiswerksentrum is ‘n gespesialiseerde sentrum waar kinders huiswerk doen en akademiese vaardighede ontwikkel.

Die hoofdoel van die huiswerksentrum is om selfstandige leerders groot te maak in ‘n gestruktureerde, genotvolle omgewing.

Daar word elke middag, Maandae tot Donderdae, ‘n hoofrekeninge wiskunde- en begripstoets in Engels en Afrikaans, op die kind se vlak geskryf. Die doel van die begripstoets is om spelling te bevorder en om kinders te help om met begrip te lees. Onnodige foute word dikwels in eksamenvraestelle en toetse gemaak omdat daar nie met die nodige begrip gelees word nie. Die hoofrekeninge toetse skerp kennis van getalkombinasies en tafels op, en help om die onnodige bewerkingsfoute tydens eksamens te beperk.

 

Nadat die toetsies, wat nie langer as 15 minute behoort te neem nie, afgehandel is word daar met die huiswerk, take en leerwerk begin. Daar is ‘n “Boeke-Snoepie” beskikbaar met benodighede vir take, sowel as verversings.

In die begin van die kwartaal word daar ‘n “Leer my Leer” sessie aangebied deur Me. Pretsch om motivering en leertegnieke op te skerp.

Vervoer geleenthede is beskikbaar vanaf Laerskool Baanbreker

Laai gerus die inligtingsboek af vir alle inligting rakende Skitter Akademie se kleuterskool en naskool.